KULTUUR
Wessie-kultuur spreek van uitstaande gehalte.

ALGEMENE INLIGTING

Soos by ons sport maak ons by ons kultuuraktiwiteite ook van buiteafrigters gebruik om te verseker dat ons leerders deur spesialiste opgelei word, om sodoende hoë kwaliteit te verseker.

Ons kultuurleerders gaan deur die jaar op ongelooflike toere waar hulle meer leer en sien van die aktiwiteit(e) waarin hul belangstel.

Hoërskool Wesvalia se kultuur is jaar na jaar nr. 1 in Klerksdorp. Die Wessies kan goed “perform”! Dis hier by Wesvalia waar sterre gemaak en ontwikkel word.

Wesvalia bied die volgende kultuursoorte:
  • ATKV-JEUGTAK
  • CSV
  • DEBUTANTEBAL
  • DRAMA-AKADEMIE
  • FOTOGRAFIE
  • JAARBLAD
  • KULTUURITEMS
  • KUNSUITSTALLINGS
  • KULTUURWEEK
  • LANDSDIENS
  • MNR & MEJ INTER
  • MNR & MEJ WESVALIA
  • MUSIEKBLYSPEL
  • MUSIEKLESSE
  • PERSONEELKONSERT
  • REDENAARS, DEBAT EN PUBLIC SPEAKING
  • SÊRGROEP
  • TONEEL
  • U2 FOR CHRIST
  • URSA-AAND
  • WESSIES GOT TALENT



  •  

     

    BESTUUR

    KULTUURHOOF
    Me. Alta van Aarde

    KULTUURORGANISEERDERS
    ATKV-JEUGTAK: Me. Hesta van Niekerk
    CSV: Mnr. Gerhard Swart
    DEBUTANTE BAL: Me. Elsa Schoeman
    DRAMA-AKADEMIE : Me. Leanne Fourie en me. Odette Jensen
    FOTOGRAFIE: Me. Thea de Beer
    JAARBLAD: Me. Mari Ross
    KULTUURITEMS: VLR
    KUNSUITSTALLINGS: Me. Thea de Beer
    KULTUURWEEK: Me. Leanne Fourie
    LANDSDIENS: Me. Ester Koekemoer
    MNR & MEJ INTER: Me. Elsa Schoeman
    MNR & MEJ WESVALIA: Me. Elsa Schoeman
    MUSIEKBLYSPEL: Me. Petru Myburgh
    MUSIEKLESSE: Mnr. Eugene Jensen en me. Magda Wilson
    PERSONEELKONSERT: Petru Myburg
    REDENAARS, DEBAT & PUBLIC SPEAKING: Me Elize Niemand, me.Hesta van Niekerk & me.Merieke Jooste
    SÊRGROEP: Me. Petru Myburgh
    TONEEL: Me. Leanne Fourie en me. Ansie Coetzee
    U2 for Christ: Me. Leanne Fourie
    URSA-AAND: Me. Yolandé Heymans, Mnr. Piet Snyman en VLR
    WESSIES GOT TALENT: Mnr. Juan Enslin

    VLR (Kultuur Raad 2013)

     

    ATKV-JEUGTAK

    Die ATKV-Jeugtak se hoofdoel is om Afrikaans te bevorder.

    Daarom sal die ATKV:
    die Afrikaanse taal uitbou;
    ‘n Afrikaanse kultuurtuitste bied;
    relevant en geloofwaardig wees;
    ontwikkelingsgerig wees;
    netwerke vestig en uitbou;
    ekonomies kragtig en volhoubaar wees;
    die demografie van die Afrikaanse gemeenskapverteenwoordig;
    eietyds en dinamies wees;
    eie ATKV-handelsmerkwaarde koester.

    ORGANISEERDER
    Me. Hesta van Niekerk

    PLANNE VIR DIE JAAR
    Koekverkopings
    Fliekaand
    Lekkergoedverkoping
    Swartsakprojek (die insameling van ou klere en ander gebruiksware ) ten bate van die CVO-Skool in Vierfontein 
    Rethabile-kinderhuis
    CANSA

     

    CSV

    Geestelike groei is een van die belangrikste fokusareas by Hoërskool Wesvalia, veral omdat hierdie element die fondasie is waarop die vier pilare van Wesvalia, naamlik akademie, kultuur, sport en sosiaal, gebou is.

    Die Wessies het hulle eie CSV-lokaal wat van hoek tot kant ingerig is om seker te maak dat elke CSV-byeenkoms 'n onvergeetlike en lewensveranderende belewenis is.


    ORGANISEERDER
    Mnr. Gerhard Swart

    BYEENKOMSTYE
    Elke Woensdag gedurende pouse en Vrydae-aande vanaf 18:00 tot 20:00.



    CSV week Foto’s



    DEBUTANTE BAL

    Wesvalia se meisies het gesprankel by ons heel eerste debutantebal wat op 15 Oktober 2011, by St. Andrews Gastehuis gehou is.

    Die Debutant vir 2011 was Emetia Swart. Sy het haar eie kookboek saamgestel en het ‘n reuse bedrag van R10 106.30 ingesamel. In die tweede plek was Trudie Kritzinger, wat bromponie-lootjies verkoop en ‘n bedrag van R7250.00 ingesamel het. In die derde plek was Tammy Nortier wat 'n bedrag van R 6900.00 ingesamel het.

    ORGANISEERDER
    Me. Elsa Schoeman
     
    PROJEKTE 2012/2013

    DRAMA-AKADEMIE & toneel

    Ons toneelproduksies is uit 'n ander wêreld, vol kreatiwiteit, vol talent en definitief iets om te sien.

    Ons leerders neem jaarliks aan die ATKV-streekskompetisie deel waar hulle goed presteer. Ons kry ook bekende buite afrigters of eerder akteurs wat in die industrie is, om ons te help om die produksies soveel meer professioneel te maak.

    Ons poog elke jaar om ten minste drie stukke onder Wesvalia se naam in te skryf. Sodoende gee ons soms aan leerders ook die geleentheid om 'n stuk te skryf en op die planke te bring. Hierdeur kry soveel moontlik leerders die kans het om op 'n verhoog te kom.

    Vir leerders wat nie drama as vak kan neem in gr 10-12 nie, bied die emosie drama Akademie elke Woensdag tussen 16:00 en 19:00, die geleentheid om hul dramatalente te ontwikkel. Ons beplan om vanjaar 'n kinderproduksie op die planke te bring met heirdie leerders.

    Die ATKV-stukke neem ook aan ander kompetisies deel soos byvoorbeeld die Reza de Wet Fees in Bloemfontein. Die leerders kry op individule vlak die geleentheid om gedurende die jaar aan toneelkompetisies, soos die Stad Kaapstad en Talent Africa, deel te neem.

    Die Wessies onderneem verskeie drama-toere, byvoorbeeld die Kaleidoskoop Toer George en die KKNK Klap Toer in Oudtshoorn.

    Werkswinkels, soos die onlangse een deur David Brink, word ter verryking van ons leerders se drama- ondervinding aangebied.

    ORGANISEERDERS
    Me. Leanne Fourie
    Me. Odette Jensen



    FOTOGRAFIE

    Ons het ons eie fotografieklub waar leerders opgelei word om professionele fotograwe te word. Iets wat hul vir die res van hul lewens kan gebruik.

    Future Photographerz bied elke Donderdag van 14:00 tot 15:00 fotografieklasse aan in die kunsklas (Kamer 2).

    Leerders ontvang 'n skrif en neem  reg deur die jaar aan fotografiekompetisies deel. Alle fasette van fotografie word aangeraak.

    Die kursus strek oor twee jaar en leerders verwerf 'n junior geakrediteerd diploma van  VEGA. Die instansie verskaf al die kameras tydens klastyd. Eie kameras is nie verpligtend nie. Besoek hul webwerf by  WWW.FUTUREPHOTOGRAPHERZ.COM

    Leerders pas hul teorieles prakties toe onder leiding van Future Photographerz se verteenwoordiger – Leana Erasmus. Leana is 'n professionele fotograaf in Klerksdorp en spesialiseer in ateljeefotografie.
    Die fotografieklasse bied die leerder  die geleentheid om sy/haar oog vir die estetika te ontwikkel. Die neem van foto's vorm 'n integrale deel van ons tieners se lewens. Honderde  foto's word met hul selfone geneem. Die klasse verryk en ontwikkel hul kennis van komposisie (kleur, oogbaan, fokuspunt ens.)

    ORGANISEERDER
    Me. Thea de Beer

    FOTOALBUM

    JAARBLAD

    Die jaarblad verskyn gewoonlik in Desember. Leerders bestel en betaal vooraf en ontvang die blad dan saam met sy/haar rapport aan die einde van die jaar.

    Die blad word gefinansier deur bladgelde, maar veral deur advertensies. Volbald advertensies in kleur kos in die omgewing van R1800. Halfblad (swart en wit) R800 en kwartblad R400. Advertensies kan aan die begin van die derde kwartaal ingestuur word. Bladgelde beloop in die omgewing van R150-R180 per eksemplaar.

    Foto's (formeel, sport en kultuur) word deur die jaar geneem. Alle sport, ook buite-skoolverband, word gedek.

    Die jaarblad het oor die afgelope paar jaar 'n nuwe baadjie gekry in die sin dat dit 'n meer moderne voorkoms het. Die eerste gedeelte word aan die matriekleerders gewy en beskik oor meer inligting rakende die matrieks. Die doel hiermee is om, veral vir die matrieks dan ook te dien as herinnering aan hulle hoërskoolloopbaan en as Koffie-tafelboek. Daarom het die blad ook 'n duursamer buiteblad.

    Nie net sport- en kultuuraktiwiteite word gedek nie, maar ook toere, sosiale funksies, uitstappies en dies meer.

    Hierdie blad dien as bemarking en pronkstuk van alles wat deur die jaar by Wesvalia gebeur.

    ORGANISEERDER
    Me. Marie Ross

    SÊRGROEP

    Ons het vanjaar met 'n sêrgroep begin om vir ons leerders 'n meer informele geleentheid te bied waar hulle hul sangtalente en musikale vaardighede kan uitleef en ontwikkel. Dit is 'n baie opwindende nuwe kultuuraktiwiteit by Wesvalia.

    ORGANISEERDERS

    SÊRGROEP: Me. Petru Myburg

    KULTUURITEM

    -ONDER KONSTRUKSIE-

    ORGANISEERDERS
    VLR

    KULTUURWEEK

    Ons bied deur die loop van die jaar verskeie kultuuraande en 'n kultuurweek, beter bekend as die 'Wille Woeste Wessie-Week", aan waar ons leerders se talente aan die res van die stad gewys word.

    ORGANISEERDER
    Me. Leanne Fourie




     

    KUNSUITSTALLINGS

    Wesvalia se kunsleerders is in `n klas van hul eie. Leerders word blootgestel aan verskeie mediums soos akrielverf, houtskool, potlood, poeierpastelle en waterverf. Elke leerder kry die geleentheid om sy eie potensiaal te ontdek deur eksperimentering met mediums en tegnieke.

    Die kunsuitstalling word jaarliks tydens Wesvalia se graad 7 Opedag gehou. Die uitstalling is `n hoogtepunt op ons skoolkalender. Elke kunsleerder spog met kunswerke van hoogstaande gehalte.

    ORGANISEERDER (Kunsonderwyseres)
    Me. Thea de Beer

         
    Kunstoer (FOTOALBUM)

    Kunsuitstalling (FOTOALBUM)

     

    LANDSDIENS

    Landsdiens is ‘n beweging wat poog om ‘n liefde vir God, jou naaste die natuur en arbeid by leerders te kweek. Leerders registreer by Noordwes Landsdiens en word ook beloon vir prestasies behaal. Daar word jaarliks provinsiale en nasionale kampe aangebied.

    ORGANISEERDERS
    Me. Ester Koekemoer (084 556 9625)
    Mnr. Valdo Goosen (0845565445)

    LANDSDIENS GEMEENSKAPSPROJEKTE

     

    MNR & MEJ INTEr

    Vanjaar se Mnr. en Mej. Inter was een van die eerste uitblinkgeleenthede van die jaar. Hoërskole het op 7 Februarie 2012 in hulle massas by die Klerksdorp Ouditorium opgedaag. Die jongklomp het die atmosfeer gevul met ‘n gevoel van opgewondenheid en ekstase.

    Dit was ‘n onvergeetlike aand vir die deelnemers sowel as die ondersteuners, toe Wesvalia wegstap met ses uit die nege pryse.

    Ons dirigente het ‘n derde plek behaal met hulle gloeiende uitrustings en oorspronklike toertjies. Die energievlakke van elke individu is gelig toe hierdie klomp die verhoog uitdaag.

    Ons deelnemers aan die Mnr. en Mej. Inter 2012 naamlik Maryna Esterhuizen, Christiaan van Eeden, Mollier Daffué en Maricia Duyn wat in hulle “African Tech” -uitrustings verskyn het, het almal se oë op hulle gerig gehad. Die Wessies het in applous uitgebars toe die wenners vir die aand aangekondig is:

    Mnr. Persoonlikheid : Christiaan van Eeden
    Mej. Persoonlikheid : Maryna Esterhuizen
    Mnr. Inter : Christiaan van Eeden
    Mej. Inter: Maryna Esterhuizen
    Eerste prinses : Maricia Duyn

    Die Wessies se naam is hoog gehou, nie net deur die deelnemers nie, maar deur elkeen wat daar was en betrokke was by hierdie indrukwekkende aand. ‘n Spesiale dankie aan elke onnie wat hierdie aand ‘n spesiale aand gemaak het en ook weereens aan Hesti wat altyd daar is vir ons Wessies. Baie geluk aan elke Wessie vir ‘n besondere aand, ons is trots op julle!

    ORGANISEERDERS
    Me. Elsa Schoeman
    Me. Hesti Enslin

    FOTOALBUM

    MNR. & MEJ. WESVALIA

    -ONDER KONSTRUKSIE-

    ORGANISEERDER
    Me. Elsa Schoeman

    MUSIEKBLYSPEL & revue

    Hoërskool Wesvalia bied revues uit die boonste rakke aan. Min ander skole kan die standaard van ons revues ewenaar. Ons maak van professionele choreograwe en klank ingenieurs gebruik om te verseker dat ons produksie uitstekend is.

    Die Wessies is tans druk besig om te beplan vir 'n groot kultuurfees in 2013, wat die hele skool gaan betrek.

    ORGANISEERDER
    Me. Petru Myburg

    SPAN
    Petru Myburg                                                          
    Alta van Aarde                                            
    Leanne Fourie                                             
    Retha Steenkamp                                        
    Heidi Snyman                                              
    Yolandi Smit
    Ben Pienaar
    Jan J. v. Rensburg
    Hesti Enslin
    Juan Enslin    
    Annemarie v.d. Schyff 
    Thabita Stehlik
    Jean Myburg
    Martie Venter





    MUSIEKLESSE

    Wesvalia beskik oor professionele musikante wat vir ons leerders kitaar- en klavierlesse aanbied.

    ORGANISEERDERS
    Mnr. Eugene Jensen (083 417 8922)
    Me. Magda Wilson (018 468 2771)

    PERSONEELKONSERT

    Wesvalia se personeellede gaan vanjaar 'n personeelkonsert op die planke bring. Dit beloof om skreeu- snaaks te wees.

    ORGANISEERDERS
    Me. Petru Myburg
    Me. Alta van Aarde

    REDENAARS, DEBAT & PUBLIC SPEAKING

    REDENAARS
    Die Wessie kan redeneer en is definitief kampioenne in die "bek-geveg spel".

    Ons redenaars neem jaarliks aan die Interskoolse Redenaaarskompetisie deel waar die Wessies gewoonlik oorheers as dit kom by die prysuitdeling. Baie Wessieredenaars dring jaarliks deur na die halfeindrondte van die ATKV.

    ORGANISEERDER
    Me. Elize Niemand

    DEBAT
    Debatvoering ontwikkel leiers deur hulle voor te berei en te bemagtig vir daaglikse openbare debatvoering wat in die samelewing plaasvind.

    Jy leer om  
    *aktueel betrokke te wees
    *krities te luister en te leer
    *inligting te versamel, te analiseer en te sintetiseer
    *logiese, kreatiewe denke te ontwikkel
    *eie menings en argumente te formuleer
    *met selfvertroue ander mense tot jou standpunt oor te haal
    *op jou voete te dink en uit die vuis te reageer op ander se argument

    ORGANISEERDER
    Me. Hesta van Niekerk

    PUBLIC SPEAKING
    “Engelse” redenaarskompetisie vir die leerders van Wesvalia waar hulle die geleentheid kry om ‘n toespraak voor te berei en dit dan aan onafhanklike beoordeelaars te kom voorhou. Daar is twee afdelings: Juniors (Gr 8 & 9) en Seniors (Gr 10-12).

    ORGANISEERDER

    Me. Marieke Jooste

    U2 for Christ

    -ONDER KONSTRUKSIE-

    URSA-AAND

    Ons bied ook jaarliks ‘n URSA-aand aan wat amper soos die Grammy Awards is. Hier ontvang leerders toekennings in afdelings soos byvoorbeeld: Mej. Bene, Mnr. Spiertier, Mej. "Hairspray", Mnr. "Hair Do" van die jaar ens.

    ORGANISEERDERS
    Mnr. Piet Snyman
    Me. Yoland Heymans
    VLR

    WESSIES GOT TALENT

    Die VLR bied jaarliks ‘n “Wessies got talent” vertoning aan waar die Wessies in graadgroep verband deelneem en hul talente aan die res van die skool wys. Dit sluit sing, dans, praat, grappies maak, baie lag en nog vele meer in.

    ORGANISEERDER
    Mnr. Juan Enslin